Seun en oupa sterf in Natal

Twee mense, waaronder ʼn kind, is Dinsdagaand dood en twee ernstig beseer na ʼn trompopbotsing in Pinetown, Durban.

Na wat verneem word, het die bestuurder van een van die voertuie beheer verloor en in aankomende verkeer ingestuur. Dit het omstreeks 21:00 op die M19 snelweg gebeur. Volgens Andre Visser, ʼn woordvoerder van ER24,is ʼn 10-jarige seun en sy oupa opslag dood.

“Die kind se ma en die bestuurder van die ander voertuig is na ʼn nabygeleë hospitaal gevat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.