‘n 13-jarige seun is in ‘n ernstige toestand nadat hy Dinsdagmiddag by Laerskool Tongaat in KwaZulu-Natal geskiet is.
“Die besonderhede van die skietery en wat daartoe gelei het is nog nie duidelik nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Paramedici het by die skool opgedaag en die seun in ‘n ernstige toestand aangetref. Hy het een skietwond gehad.” Volgens Botha is die seun eers op die toneel stabiliseer voordat hy na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.