ʼn Soldaat is in die rondgaande hof in Bethlehem tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy twee van sy kollegas doodgeskiet het.
Sers. Majang Skalkie, woordvoerder van die polisie, sê kanonnier Mpumelelo Hlubi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op lt. Thabiso Seithati (28) en tien jaar tronkstraf vir die moord op kanonnier Zakhe Khumalo (26). Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Hlubi het Seithati en Khumalo in Februarie vanjaar doodgeskiet terwyl hulle in ʼn millitêre voertuig onderweg was na die tydelike basis by Kromdraai naby die Lesotho-grens. Hy het hulle lyke langs die pad gelos en weggejaag. ʼn R4-aanvalsgeweer en ʼn selfoon wat van die oorledenes gevat is, is later in Hlubi se besit gevind.