Springbokke kry hul bonuspuntsege

Handré Pollard in aksie teen Tonga. (Foto: Christophe Simon/AFP)

Die Springbokke se sending om hul laaste Wêreldbeker-groepwedstryd met ʼn bonuspunt te beklink was suksesvol.

Die Suid-Afrikaners het sewe drieë teen Tonga in Marseille gedruk om die kragmeting met 49 – 18 te wen.

Cobus Reinach het die bal aan die rol gesit toe hy die eilandmanne onkant met ʼn vinnige tikskoppie betrap het.

Alle oë was egter op Handré Pollard wat sy eerste wedstryd vir die Springbokke in 13 maande gespeel het. En die 29-jarige losskakel het nie teleurgestel nie.

Hy het Reinach se drie verdoel en hy was uiteindelik in die kol met al vier van sy stelskoppogings. Hy is in die 51ste minuut deur Manie Libbok vervang en die Humansdorp-boorling het óók sy eerste skop – nogal een van lángs die kantlyn – oor die dwarslat gejaag.

Suid-Afrika se stelskoppers was uiteindelik suksesvol met al sewe van hul pogings.

Siya Kolisi-hulle wou die telbord so gereeld as moontlik aan die gang hou om hul uitspeelwedstrydkanse ʼn groter hupstoot te gee. Maar oorgretigheid op die aanval het beteken dat hulle telkemale hul vingers in Tonga se halfgebied gebrand het.

André Esterhuizen het ’n sterk vertoning gelewer. (Foto: Christophe Simon/AFP)

Teen ʼn wispelturige span soos Tonga kan ʼn mens seker nog sulke blapse vergeet en vergewe, maar teen Frankryk of Ierland sal die Bokke beslis meer akkurate spel moet opdis wanneer hul teenstanders se doellyn wink.

Terselfdertyd het Luke Pearce se fluitjieblaasvertoning ook ʼn mens so ʼn bietjie laat kopkrap.

Die 35-jarige Brit het beslis dat Augustine Pulu se koppestampsessie met Makazole Mapimpi net ʼn strafskop geregverdig het, terwyl soortgelyke oortreders vroeër in die toernooi summier met ʼn geel kaart van die veld gejaag is.

In die tweede helfte het hy so amper na die kaarte in sy sak gegryp toe ʼn Tonga-speler homself in Eben Etzebeth se borskas vasgeloop het.

Ai tog.

Maar die Bokke het gewen en dit is al wat saak maak.

Benewens Pollard se terugkeerheldedade het Deon Fourie ook ʼn barshou gespeel, terwyl André Esterhuizen se vuurwarm spelpeil beteken dat hy vir niemand op die veld terugstaan nie.

  • Puntemakers:

Springbokke: Drieë: Cobus Reinach, Canan Moodie, Deon Fourie, Jesse Kriel, Willie le Roux, Marco van Staden en Kwagga Smith. Doelskoppe: Handré Pollard (4) en Manie Libbok (3)

Tonga: Drieë: Ben Tameifuna, Fine Inisi en Patrick Pellegrini. Strafskop: William Havili.

  • Groep B-punteleer:
  1. Suid-Afrika: 15 punte ná vier wedstryde met ʼn punteverskil van +117
  2. Ierland: 14 punte ná drie wedstryde met ʼn punteverskil van +122
  3. Skotland: 10 punte ná drie wedstryde met ʼn punteverskil van +97
  4. Tonga: geen punte ná drie wedstryde met ʼn punteverskil van -102
  5. Roemenië: geen punte ná drie wedstryde met ʼn punteverskil van -234.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

kragaap ·

Goeie wen vir die bokke. Pollard was uitstekend en het van eerste minuut gelyk of hy glad nie beseer was nie. Sy verdediging was baie goed asook sy skopwerk. Moodie was fantasties op verdediging en aanval, asook Esterhuizen. Die senterpaar lyk beter elke keer as hul speel. Die res van die bokke het maar gemiddeld gelyk, maar die punte is op die bord.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jou liefde en lojaliteit vir die land is roerend.

Republikein in die Wes Kaap ·

En jy is gelukkig? Sterkte en geniet jou rugby. Die ekstasie is vinnig weg.

Jakkie ·

Ag maar ons is suur! Ons skree nou vir die bokke nie ANC nie, so onstpan!

Republikein in die Wes Kaap ·

Een en dieselfde. Jy ondersteun die sportbeleid en by implikasie alles wat die ANC sê en eis. Geniet jou rugby en hou op suur wees oor alles wat verkeerd gaan.

piet ·

Man of the match, Fourie. Agterlyn het begin hardloop nadat up-and-under pollie vervang is deur briljantjie. Van Staden nie haker materiaal nie, kan nie ingooi nie, moet maar weer gaan sit op die bankie as vyfde keuse flank. Beginspan het gesukkel teen ‘n span wat 15de in die wereld is (amper tier 3).

kragaap ·

Fourie was goed. Beste agterlyn speler was Moodie. Pollard se up en unders was uitstekend, sy verdediging was nog beter. Ten minste het hy nie gras geeët van ‘n afstamp nie. Hy is maar net beter moni.

Peter ·

Pollard se up-en-unders was nie goed nie. Hy is nie in Libbok se klas nie en laat die agterlyn impotent lyk. Sy skoppe is doelloos en sal ly tot driee wat van teenaanvalle teen ons gedruk word.

Mnr De Beer ·

Ek weet nie watse sport jy gekyk het nie. Maar Pollard het beter geskop na sy lang afwesigheid as Manie wat meer wedstryde speel as Pollard. Politieke inmengery in sport lyk vir my gebeur gereeld. Ek mag verkeerd wees.

Boksombende ·

Welgedaan! Ek moet se, hulle spel was nie so goed soos ek sou verwag het nie. Ook groot ‘n jammerte dat Makazole nou uit die wereldbeker is.

SwartBees ·

Ek is n groot Makazole ondersteuner, maar die WB was sy vlam nie so skerp soos die vorige een nie. Jammer dat hy uit is, meskien het hy bietjie terug gehou vir voorentoe in die toernooi.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou praat jy die waarheid. Dis suur hier. En bitter. Wag, jy het reeds geemigreer.

Jakkie ·

Nee my vriend, ek is nie iemand wat weghardloop van slegte goed nie. Ek bid eerder en vra vir die Here om ons te help met die land se issues, as om te kla. Om heeldag gal te braak is nie goed vir die gesondheid nie. Voorspoed en hoop jy sal eendag beter voel.

Mnr De Beer ·

Ek sien te veel mense staan eenkant en bid en wag vir die Here om te help met die land se issues. Maar ek sien baie min mense wanneer dit kom by om te help die issue oplos of iets aan die saak te doen terwyl ons nou wag vir die Here.

Jakkie ·

Om te bid doen ons iets. My geloof is baie sterk so ek glo die Here sal ons land weer help solank mense net na Hom weer draai. Dink jy ons voorwaarders het net toe oog in ‘n geveg in gehardloop, nee ons was ‘n nasie wat met alles in ons vir die Here gebid en gevra om ons te red en so het dit ook gebeur. Ek is nie politikus nie, ek is gewone mens soos jy. Sal graag wil weet wat doen jy om die probleme op te los in ons land. Net soos jy kan ek gaan stem en hoop en bid die ANC word ontroon. Dis al!

kragaap ·

Stem saam Elmarie. Hier is darem baie suurknolle wat die bokke haat. Maar die punte is op die bord !

Chrisp ·

Elmarie noem my suur maar verkeerd kan jy nie die Springbok gaan verdwyn kwotas word veral op skoolvlak baie skerp afgedwing .Wanneer die springbok verdwyn( hy is nou al op die mou ek dink die kraag is volgende?) wel gaan jy dan SA ondersteun met al sy diskriminasie? Dan is jy miskien in jou oe nie suur nie maar net verkeerd.

annie ·

Arme Pollard se lewe en loopbaan is in die weegskaal en word tekens opgeweeg teen Politiek, die vet knewel wat ons land bestuur.

Peter ·

Pollard het goed pale toe geskop en het nie baie geroes gelyk nie, maar hy is nie in dieselfde klas as Libbok met die spel lees, visie, skeppings vermoe, aangee en baie akkurate lynskoppe nie. Met Pollard, lyk ons agterlyn impotent. Niks politiek hier te sien nie. Manie is net beter, dis al!

...M... ·

Hahaha Papsak – waar was die bokke gehelp? Ek het baie “offside” Tonga spelers gesien wat nie geblaas was nie. Ook Tonga spelers wat nie wegrol nie???

Elma ·

Tonga speel nogal baie obstruksie ook. Hulle is slegs een keer daarvoor gestraf.

kragaap ·

En toe Tonga se NR 3 hom gras laat eet het met ‘n afstamp. Geen vergelyking as dit by fisiese krag kom nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ag nee, waar is jou lojaliteit nou? Jy moet jou kaptein ondersteun. Dis mos die regte ding om te doen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Geen bok op die bors. Net op die mou. Die bok is op pad uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.