ʼn Staatsaanklaer in die Durbanse landdroshof is Dinsdag in hegtenis geneem terwyl die hof in sitting was.
Kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, sê die staatsaanklaer het na bewering omkoopgeld van R1 000 vir ʼn advokaat gevra om ʼn saak van aanranding teen sy kliënt te laat verdwyn. Die advokaat het die polisie in kennis gestel en ʼn beëdigde verklaring afgelê. Die polisie het ʼn lokval gestel en die advokaat het die omkoopgeld aan die staatsaanklaer oorhandig. Die polisie het die hof binnegekom terwyl dit in sitting was. Die gemerkte note is in die staatsaanklaer se besit gevind en sy is in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting Woensdag in die Durbanse landdroshof verskyn.
dit verbly my om sulke stories te hoor! baie dankie vir die beamptes wat nog integriteit het!
Goed so!! Sy is veronderstel om n voorbeeld te wees, maak nou maar van haar n voorbeeld! Want as jy geld het vandag kom jy weg met alles!! Ek is trots op die persoon wat die polisie laat weet het!! Gelukkig is daar darem nog eerlike mense!!