Staatsambulans tydens gewapende roof gesteel

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na vier gewapende mans wat Sondagaand ʼn ambulans gesteel en ʼn paramedikus en sy vriende as gyselaars aangehou en beroof het.

Sersant Yanga Ngcukana, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die paramedikus het ʼn kollega in Minnaarstraat in Wepener in die Vrystaat gaan besoek, toe die voorval plaasgevind het. “Die 35-jarige paramedikus was omstreeks 19:30 by sy kollega. Hy het egter ontdek drie mans het hom tot in die huis agtervolg. Een verdagte het buite gewaak,” het Ngcukana gesê. “Die rowers het die paramedikus en die inwoners van die huis vir omstreeks ʼn halfuur lank met vuurwapens aangehou en die ambulans se sleutels en persone se selfone geëis. Die verdagtes het daarna met die ambulans gevlug. Al vier rowers was gewapen en is steeds soek.”

Die polisie versoek enigiemand met meer inligting oor waar die mans hulle bevind om die Wepener-polisiestasie te bel by 051 583 5281.

Die polisie ondersoek ʼn saak van diefstal en huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.