ʼn Vrou van Dunedin in Nieu-Seeland het per ongeluk haar lippe aan mekaar geplak toe sy Superglue-gom in plaas van lipglans gebruik het.
Die polisie het Donderdagaand net voor middernag ʼn oproep ontvang, het die Otago Daily Times Vrydag berig. “Dit het geklink of iemand die vrou se mond toegebind het of dat sy moontlik ʼn mediese toestand onder lede het,” het senior sersant Steve Aitken, woordvoerder vir die Dunedin-polisie, gesê. “Sy kon slegs grom”.
Die 64-jarige vrou het glo in die donker die gom in plaas van die lipglans gebruik. Sy is na die hospitaal in Dunedin geneem waar mediese personeel haar bygestaan en later ontslaan het.
Haar man het dalk die rus en vrede geniet
Sy gee uitdrukking aan die Engelse uitdrukking : “my lips are sealed” :)