Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die 10-jarige seun het glo by een van die gebiede waar stappers teen kettings moet vashou gegly en op die swanger vrou geval wat onder hom was. Die seun het vermoedelik sy arm en been gebreek. Die swanger vrou is vir rugbeserings behandel voor ʼn helikopter gebruik is om albei van die berg te lug na waar die ambulanse op hulle gewag het. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Dit is die soveelste voorval op Leeukop vanjaar. Ibrahim Salie (47) is in Januarie vanjaar dood nadat hy teen Leeukop gestap, gegly en hom doodgeval het.