Ashely van Zyl, ‘n 17-jarige meisie van Garsfontein in Pretoria, word sedert 13 Januarie vermis.
Ashely is ʼn leerling aan die Hoërskool Garsfontein en is die laaste keer deur haar stiefpa gesien toe hy haar om 15:00 op die 13de by die skool afgelaai het. Volgens die Pink Ladies, ʼn organisasie wat help om vermiste mense op te spoor, het sy voorheen probeer om van die huis af weg te loop. Dié keer is sy in Faerie Glen opgespoor. Sy besoek glo gereeld die Ty’s-kuierplek en het al promosiewerk by Menlyn Square gedoen. Mense met inligting oor waar sy haar mag bevind, kan ao. Nel by 082 781 0105 skakel.