ʼn Reddingspan is ontbied nadat ʼn toeris in Australië van ʼn kaai afgeval het omdat Facebook op haar selfoon haar aandag afgetrek het, het owerhede Woensdag gesê.
Die vrou het Maandagaand langs ʼn baai in Melbourne geloop toe Facebook haar aandag afgetrek het en sy van die kaai af in die ysige water beland het, het die Victoria-polisie gesê.
ʼn Ooggetuie het hulp ontbied en die polisie het hulle na die vrou gehaas. Sy het sowat 20 meter van die kaai af in die water gespartel. “Sy was steeds op haar rug en het gedryf, aangesien sy later vir ons gesê het sy kan nie swem nie,” het senior konstabel Dean Kelly van die waterpolisie, aan die Australian Broadcasting Corporation gesê. “Sy het nog steeds haar selfoon in haar hand gehad en sy het om verskoning gevra.”
Die vrou is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie sê sy is ʼn uitlander, maar wou nie haar land van herkoms bekend maak nie. “As jy enigsins naby water is, moet jou aandag nie afgetrek word nie, veral as jy nie kan swem nie.”
-SAPA
Ek wens dit wil meer selfoonverslaafdes oorkom wat geen respek toon vir ander mense om hulle nie , In geselskap, Kerkdienste, Skoolsale, in die verkeer en by die toonbank.