Die vermoorde Chanélle Henning se vervreemde man, Nico, is op borgtog van R10 miljoen vrygelaat nadat hy hom aan die polisie oorgegee het in verband met haar moord.
Lees meerAlles vir Woensdag 18 Desember 2013
Foto maak opslae; vrou dalk aangekla
ʼn Foto van ʼn jong Italiaanse vrou wat ʼn polisiebeampte se valhelmskerm tydens ʼn betoging soen, het opslae gemaak op sosiale media, maar ʼn polisievakbond dreig om haar nou vir “seksuele geweld” te dagvaar.
Tier verskeur man in dieretuin
ʼn Bewaarder by ʼn dieretuin in China is dood toe ʼn tier hom aangeval het terwyl hy sy hok skoongemaak het.
Plastiek banknote vir Engeland
Die Bank of England het gesê hy gaan vir die eerste keer in sy 300-jarige bestaan plastiekbanknote vervaardig.
SABMiller-voorsitter sterf
Graham Mackay, voorsitter van SABMiller, is Woensdag in die ouderdom van 64 oorlede.
Nuwe R2-muntstuk om Uniegebou te vier
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Woensdag ʼn nuwe R2-muntstuk vrygestel om die 100-jarige bestaan van die Uniegebou te vier.
Kaapstad sorg vir alkoholvrye strande
Daar is al beslag gelê op meer as 600 liter alkohol op Kaapstad se strande sedert die begin van Desember.
Baie joernaliste ontvoer in 2013
Ongeveer dubbel soveel joernaliste is vanjaar ontvoer in vergelyking met verlede jaar.
Ses in hof oor plaasaanval
Ses mans wat in verband met ʼn plaasaanval in hegtenis geneem is, het Woensdag in die Bothaville-landdroshof verskyn.
Centurion-bejaarde twee keer geskiet
Frans de Jonge (74) is Dinsdagaand by sy huis in Eldoraigne, Centurion deur vier mans oorval en hy is twee keer in die maag geskiet.
Mandela-familietwis duur voort
ʼn Volgehoue stryd tussen sommige lede van die Mandela-familie, wat die afgelope jaar hoofopskrifte gehaal het, het weer ʼn wending geneem nadat Mandla Mandela glo, vier dae voor Mandela se begrafnis, uit die familie se huis in Qunu uitgesluit is.
Rampe eis baie in 2013
Rampe het vanjaar sowat 25 000 lewens geëis, veel meer as verlede jaar se ongeveer 12 000, aldus die Switserse herversekeraar, Swiss Re.
Numsa eis Nkandla-aanspreeklikheid
Irvin Jim, uitvoerende hoof van Numsa, het Woensdag gesê indien die uitgelekte verslag van die Openbare Beskermer oor die opgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning waar is, moet daar aanspreeklikheid wees.
Polisiebeampte by haar huis doodgeskiet
ʼn Senior polisiebeampte van die Oos-Kaap is by haar huis in Elliotdale in King William’s Town doodgeskiet, het die polisie Woensdag gesê.
Uitspraak gelewer in Basson-saak
Die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) het Woensdag uitspraak gelewer oor die beweerde onetiese optrede deur die biologiese oorlogskenner, dr. Wouter Basson.
Twee in hof wat met uraan betrap is
Twee mans, wat met onverrykte uraan betrap is, het Woensdag in die Durbanse landdroshof verskyn.
Man vas ná AfriForum ingryp
ʼn Senior beampte van die departement van korrektiewe dienste, wat glo ʼn 10-jarige meisie met sy gordel aangerand het, is in hegtenis geneem nadat die burgerregte-organisasie AfriForum ingegryp het.
IVP nié deel van nuwe koalisie
Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het hom Woensdag gedistansieer van die nuwe Kollektief vir Demokrasie (CD), ʼn koalisie deur opposisiepartye.
Video en foto’s: Man vas ná hy glo 10-jarige aanrand
‘n Senior beampte van korrektiewe dienste is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy op 9 Desember glo ʼn 10-jarige dogtertjie aangerand het, het die polisie aan Maroela Media gesê.
Vavi is die “stem van die werkersklas”
Zwelinzima Vavi, geskorste uitvoerende hoof van die vakbondfederasie Cosatu, word vervolg omdat hy die “stem van die werkersklas is”, het Andrew Chirwa, president van Numsa, Woensdag gesê.