JP du Plessis, ‘n treindrywer van Metrorail, is Dinsdag met ‘n skerp voorwerp buite Hercules-stasie doodgesteek.
“Du Plessis is Dinsdag omstreeks 17:15 met verskeie steekwonde in ‘n stilstaande trein opgespoor,” het Lillian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail, gesê. “Die oorsaak is nog nie duidelik nie en sal onmiddellik ten volle ondersoek word.”
Tembela Kulu, provinsiale bestuurder van Metrorail Gauteng, het gesê treindienste sal Nuwejaarsdag ter nagedagtenis aan Du Plessis opgeskort word. As ‘n voorkomende maatreël sal alle treine in die feesseisoen tot 4 Januarie daagliks in Gauteng net tot 18:00 werksaam wees.
Volgens Mofokeng was Du Plessis ‘n lojale en toegewyde werker.
Enigiemand met inligting word versoek om met Berskermingsdienste by 012 315 2566 in verbinding te tree.
dis een van die redes hoekom my man op pensioen gegaan het op 58jr! hy het vir freightrail gewerk en hy kon nog aangebly het, maar dis pateties hoe die drywers en assistente se lewens in gevaar is uur vir uur en dag vir dag!