Treinpassasiers maak amok ná man op spoor sterf

Foto:ER24

Polisie moes oproerige treinpassasiers onder beheer hou nadat hulle etlike ure op ʼn trein gestrand was na ʼn man Dinsdag deur dié trein doodgery is. Die man, in sy veertigs, het glo langs die treinspore in Sebokeng, Gauteng, geloop toe die passasierstrein hom getref het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder ER24, het gesê die voorval het sowat 5km van die Houtheuwel-treinstasie af gebeur.

 

Die man se liggaam was steeds onder die trein vasgekeer toe die paramedici op die toneel kom.

“Die meeste van die bene in sy liggaam is deur die impak gebreek en het op die toneel aan sy beserings beswyk,” het Jackson gesê.

Intussen het die passasier op die trein oproerig begin raak omdat hulle te lank opgehou is terwyl die toneel opgeruim moes word. Die Sebokeng-polisie moes hulle onder beheer hou. Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.