In ‘n reeks inspirerende foto’s het Oscar Pistorius, die “lemnaeler” en ‘n 8-jarige dogtertjie van Essex in Engeland die wêreld se harte gesteel.
Lees meerAlles vir Woensdag 8 Augustus 2012
Talle grensposte gesluit
Vier grensposte in Suid-Afrika is weens die uiterste weerstoestande gesluit.
‘n Verkenning van Solidariteit se ekonomiese benadering
In die geskiedenis van die vakbondwese kan daar – ekonomies gesproke – breedweg onderskei word tussen die omverwerptradisie, oftewel die sosialistiese benadering met sy produksieklasseteorie, teenoor die rentmeesterskaptradisie, wat ʼn Christelike vertrekpunt neem. Dié twee tradisies verskil wesenlik.
5 Tshwane-metrobeamptes gevang
Vyf beamptes van die Tshwane Metropolisie is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van ‘n dronk motoris aanvaar het.
Man in Magaliesburg doodgeslaan
ʼn Moslem-man is na bewering in Magaliesburg deur twee mans doodgeslaan nadat hulle hom oor sy baard gespot het.
Mark Boucher groet krieket finaal
Mark Boucher, ʼn voormalige paaltjiewagter van die Proteas, het Woensdag gesê hy het die lens, iris en pupil van sy linkeroog verloor.
Vier sterf in botsing
Vier mense is dood en verskeie beseer nadat ʼn swaarvoertuig en ʼn taxi Donderdag in Randfontein, aan die Wes-Rand, gebots het.
Olimpiese Spele: Caster Semenya deur na semi-finale
Caster Semenya het vir die semi-finale in die 800m-naelope gekwalifiseer nadat sy Woensdag tweede tydens haar uitdunronde gekom het.
Vrouedag moet ook hulde bring aan vroue van Anglo-Boereoorlog, vra Solidariteit Beweging
Die Solidariteit Beweging het vandag gevra dat daar op Vrouedag, wat môre landwyd gevier word, gefokus word op die 34 000 vroue en kinders wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die konsentrasiekampe gesterf het.
Sneeu: Egpaar, baba veilig
ʼn Egpaar en hul ses maande oue baba wat in hul motor in die sneeu vasgekeer was voor die Mooirivier-tolhek op die N3 in KwaZulu-Natal, is veilig.
Ester die Musical is terug
Julle het gevra en die vervaardigers het geluister! Na publieke aandrang is die musiekblyspel, Ester die Musical, weer terug op die planke by die Pretoria…
Winkel brand in Brits
Die rampbestuur-afdeling van Brits, Noordwes moes Woensdagoggend bont staan ná ʼn brand by die Pick n Pay-winkel in dié dorp ontstaan het.
Kom sit koppe bymekaar vir Afrikaans
Op 14 Augustus bied die FAK ʼn taalkonferensie aan in samewerking met die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA).
Treinpassasiers maak amok ná man op spoor sterf
Polisie moes oproerige treinpassasiers onder beheer hou nadat hulle etlike ure op ʼn trein gestrand was na ʼn man Dinsdag deur dié trein doodgery is.
Sit reisplanne op ys
Verkeersowerhede raai motoriste aan om reisplanne vir die langnaweek uit te stel na die N3-snelweg weer gesluit moes word by die Van Reenenspas tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal.
Nuuskommentaar: Weer woeste winde van wilde verandering
Meer as 52 jaar gelede het die destydse Britse premier, Harold MacMilllan sy bekende “winde van verandering”-toespraak in die Suid-Afrikaanse parlement in Kaapstad gehou.
Nog sneeu en koue verwag
Sneeu en koue weerstoestande word steeds vandag oor dele van die land verwag.
Derby-Lewis “moet in die tronk vrot”
Clive Derby-Lewis (76), wat lewenslank tronkstraf uitdien vir sy aandeel in die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani, “moet in die tronk vrot” het die Liga van Jong Kommuniste (YCL) gesê.
Egpaar, baba vasgekeer in sneeu
ʼn Egpaar en hul ses maande oue baba is in hul motor in die sneeu vasgekeer voor die Mooirivier-tolhek op die N3 in KwaZulu-Natal.
As dit weer in JHB sneeu trou ons
Rui Moca en sy verloofde Monique Joubert het gister in JacarandaFM se ateljee in Midrand getrou nadat hulle mekaar twee jaar terug beloof het dat hulle sal trou wanneer dit weer in Johannesburg sneeu.