Tronkstraf vir pornowinkel-‘uitstappie’

‘n Man is Dinsdag tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat hy verlede maand op heterdaad met sy broek om sy knieë betrap is nadat hy by ‘n porno-winkel in Centurion ingebreek het.

LookLocal Centurion het Woensdag berig die eienaar van die winkel, Walter Wahl, het op 3 Februarie net na middernag ‘n oproep ontvang dat die alarm by sy winkel, Adult Gift and Toy Shop in Kloofsig, afgegaan het.

Die man het twee vensters gebreek om toegang tot die perseel te kry. Wahl het saam met die polisie by die toneel aangekom. Toe hulle die winkel betree het hulle die verdagte op die vloer sien sit, met verskeie pornografiese tydskrift om hom uitgepak. Hy het ook ‘n volwasse speelding in sy hande gehad.

Toe die polisie en eienaar hom konfronteer, het die man aangevoer hy het ingebreek omdat hy glo honger was en kos gesoek het. “Hy kon egter nie verduidelik hoekom hy sonder ‘n broek aangetref is nie,” het Wahl geskerts.

Die man is skuldig bevind aan inbraak en die besit van gesteelde goedere.

Bron: LookLocal Centurion

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.