Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle gesien ‘n motor met vier insittendes het omgeslaan. Twee mans is op die toneel dood verklaar terwyl nog ʼn man en vrou kritiek beseer is. Die man en vrou is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die vrou is per helikopter vervoer en die man met ʼn ambulans. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie en word deur die polisie ondersoek.
Twee dood, twee beseer in ongeluk
Twee mans is dood en twee mense is ernstig beseer nadat hulle motor op die N2 naby Somerset-Wes in die Wes-Kaap omgeslaan het.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.