Twee mense is dood en vier ernstig beseer in ‘n botsing Saterdagoggend op die N3-noord tussen die Bedeville- en Tugela-tolhek in KwaZulu-Natal.
Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsie se nooddienste, sê twee voertuie het reg van voor gebots. “Twee mense is op die toneel dood verklaar.” McKenzie sê die vier beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Ladysmith-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Oorsaak word ondersoek…. Die botsing (GEEN ONGELUK) het gebeur omdat een sot op die verkeerde kant van die pad was. Punt.