Twee mans is dood ná hul ligte vliegtuig naby Uitenhage in die Oos-Kaap neergestort het, het die polisie Saterdag gesê.
“ʼn Ligte vliegtuig het ongeveer 09:40 vanoggend op Fyfergatplaas in die Kruisrivier-gebied neergestort. Die twee mans is op slag dood,” het ao Marianette Olivier, woordvoerder vir die polisie gesê. Olivier sê beamptes probeer steeds die identiteit van die twee mans bepaal sowel as die roete wat hulle gevlieg het en waarheen hulle oppad was.