Twee skoolseuns is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle Donderdagmiddag in Centurion deur ʼn motor raakgery is.
ʼn Woordvoerder van Netcatre911, Jeff Wicks, sê die twee seuns, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, het na skool op die sypaadjie geloop toe ʼn motor hulle getref het naby die Unitas hospitaal. Wicks sê die seuns was tussen die motor en ʼn palissade-heining vasgedruk. Die seuns het hoof- en maagbeserings opgedoen en word in die hospitaal behandel.