Twee mynwerkers is dood en twee beseer na ʼn ondergrondse ontploffing by ʼn Harmony Gold-myn in die Vrystaat.
Die myn het Donderdag gesê dat twee kontrakwerkers Woensdag in die ontploffing by sy Joel-myn naby Theunissen dood is.
“Die ander twee werkers wat beseer is, is in ʼn stabiele toestand. Alle boor- en skietwerk by die myn word gestaak om die oorsaak van die ontploffing te ondersoek,” het Harmony gesê.
Graham Briggs, die myn se hoofuitvoerendebeampte, en mynbestuurders het hul opregte meegevoel aan die families en kollegas van die oorledenes betuig.
– Sapa