Twee mense is Woensdag in Queenstown gearresteer vir die onwettige besit van kokaïen.
Volgens luitenant Pumzile Makaulat, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, is die 35-jarige Nigeriese man en 30-jarige vrou omstreeks 18:30 in hul huis in Madeira Park, Queenstown, gearresteer. Sy sê die polisie het op ʼn wenk gereageer, waarna hulle die kokaïen met ʼn straatwaarde van sowat R16 750 in die paartjie se huis gevind het.
Die twee verskyn Donderdag in die landdroshof op Queenstown.