ʼn Polisiewoordvoerder, lt. Kol. Ronel Otto, sê ʼn wildbewaarder op ʼn private wildreservaat het Vrydagoggend omstreeks 9:00 skote gehoor en die polisie in kennis gestel. Sy sê vier verdagtes is op die plaas gevind. Twee van die verdagtes het weggehardloop terwyl die ander twee in hegtenis geneem is. ʼn Renosterhoring, ʼn jaggeweer, twee projektiele en ʼn byl is in hulle besit gevind. Otto sê die twee mans, van Mosambiek en Suid-Afrika, sal na verwagting Maandag in die Hoedspruit landdroshof verskyn. Otto sê die polisie soek steeds na die ander twee verdagtes.
Twee vas vir renosterstropery in Limpopo
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ʼn renoster vir sy horing doodgemaak het in Hoedspruit in Limpopo.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.