Twee volwassenes, baba sterf in ongeluk

Drie mense is dood en nog twee ernstig beseer nadat hulle voertuig deur ʼn brugreling gebars en in ʼn rivier te lande gekom het naby Ottosdal in Noordwes.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die bestuurder van die motor het glo beheer verloor nadat hy vir ʼn ander motor uitgeswaai het. Wicks sê twee mense kon daarin slaag om uit die motor, wat gedeeltelik onder die water was, te klim. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. ʼn Baba en twee volwassenes was in die motor vasgekeer en is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.