Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Donderdag sy uitvoerende dekaan van wetenskap, prof. Bheka Mamba, geskors weens bewerings van finansiële ongerymdhede.
“Prof. Mamba is ‘n uitstaande geleerde. Om hierdie rede, en in die lig van die erns van die beweringe asook sy senioriteit, het die universiteit besluit om die saak dringend te hanteer,” het Ihron Rensburg, die UJ se visekanselier, in ʼn verklaring gesê.
Mamba se skorsing volg ná bewerings van finansiële ongerymdhede en onreëlmatighede terwyl hy hoof van die departement van toegepaste chemie was.
Prof. Anna Moteetee, die fakulteit se vise-dekaan, gaan nou waarneem as uitvoerende dekaan.
Ai Prof Mamba, daar’s ‘n slang in die gras….