Vakbond verwag niks minder as R100 vir minimumloon

Die onlangse onluste in die Wes-Kaap. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die vakbond Food and Allied Workers Union (Fawu) verwag ʼn nuwe minimumloon van niks minder as R100 per dag nie.

Katishi Masemola, hoofsekretaris van Fawu, hou egter vol dat die minimumloon in ʼn latere stadium tot R150 per dag verhoog moet word. “Soos wat nou verwag word, sal die minimumloon na verwagting R105 per dag wees, ver minder as die wekroep van R150 per dag maar dit is aansienlik hoër as die huidige R69 per dag.” Die verhoging van die minimumloon sal na verwagting Maandag aangekondig word. Dit kom na die onluste in die Wes-Kaap. “Ons doen ʼn beroep op die regering, plaaseienaars, winkeleienaars, uitvoerders en invoerders om saam met die vakbonde te werk om te verseker dat daar in die nabye toekoms ʼn minimumloon van R150 per dag op alle plase betaal kan word. As ‘n betekenisvolle stap in die rigting van die verkryging hiervan doen ons ʼn beroep op (arbeids)minister Mildred Oliphant om Maandag in haar aankondiging die minimumloon met meer as 50% te verhoog maar na niks minder as R105 per dag nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.