Valke-hoë in hof oor bedrog

Die hoof van die Valke in Mpumalanga is Woensdag in hegtenis geneem en het kort hierna in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van bedrog.

Brig. Phuti Setati, nasionale woordvoerder van die polisie, sê genl.maj. Simon Mapyane staan tereg op aanklagte van bedrog wat verband hou met die indien van vals reiseise . Setati kon nie enige verdere besonderhede bekend maak nie. “Die saak sal intern ondersoek word,” het Setati gesê.

Beeld berig intussen dat sy verslaggewer wat die storie gister op die dagblad se webwerf gebreek het, kort hierna dreigoproepe ontvang het. Beeld het ‘n klag van intimidasie by die polisie ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.