ʼn Vermeende kaper is Dinsdag deur die polisie in hegtenis geneem nadat hy gevind is waar hy in die dak van ʼn huis in Highlands North in Johannesburg weggekruip het.
ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Tshisikhawe Ndou, sê die 19-jarige man sal na verwagting Donderdag in die Hillbrow landdroshof verskyn. Ndou sê ʼn vrou is Dinsdagmiddag omstreeks 15:30 deur ʼn groep gewapende mans gekaap by die kruising by Louis Botha-weg en Sesde-weg. Ndou sê vinnige optrede deur die polisie het tot gevolg gehad dat die vermeende kapers die motor agtergelos het en op die vlug geslaan het. “By een van die huise, het ons besef dat die verdagte nie hier verby kon gaan sonder om gesien te word nie…die polisie het in die huis se dak gesoek en die verdagte daar gevind”. Ndou sê daar is teenstrydige berigte van ooggetuies en dit is in die stadium nie duidelik of daar twee of drie mans by die kaping betrokke was nie. Die ander verdagtes is steeds soek.
Wanneer gaan die Suid Afrikaanse Pers na Plaasmoorde as Genocide verwys? Wat van Urban Terrorism?