Die polisie het Dinsdag bevestig dat hulle op nog ʼn liggaam afgekom het van een van die vermiste mans wat tydens ʼn visvanguitstappie op Vrouedag vermis geraak het.
Vier lede van die Wilderman-gesin en twee van hul vriende was op ʼn klein vissersboot op die Keurboomsrivier toe dit glo omgeslaan het nadat dit ʼn sandbank getref het. Die boot het waarskynlik by die riviermond in die see ingespoel. Die gesin en vriende was almal inwoners van New Horizons in Plettenbergbaai.
Die liggame van Letitia Wildeman (43) en haar seun Luan (8), is kort na die ongeluk gevind. Verlede week is die liggaam van een van die mans gekry. Die liggaam van Llewellyn Wildeman (43) het oor die naweek op die kus van Port Elizabeth uitgespoel. Die visserboot en liggame van nog twee mans word steeds vermis.