Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê ʼn uitgebreide see- en lugsoektog het nog teken van die vermiste vissermanne opgelewer nie. Lambinon se reddingswerkers was vroeër telefonies in kontak met die vissermanne gewees maar het teen 9:00 Donderdagoggend kontak verloor. Hy sê reddingswerkers het die vissermanne aangeraai om hulle reddingsbaadjies aan te hou en die boot te probeer anker. Lambinon sê die soektog het deur die nag voortgegaan te midde van digte mis en onstuimige seetoestande.
Vermiste vissermanne steeds soek
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.