Die Suid-Afrikaanse Lugmag het die vliegtuig wat Woensdag onderweg van Port Alfred na Port Elizabeth vermis geraak het, opgespoor.
The Herald berig dat ʼn lugmaghelikopter Saterdagmiddag op die wrak afgekom het in ʼn kloof in die Addo Olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap. Volgens die berig is besonderhede rakende die ongeluk nog vaag aangesien die toneel slegs per helikopter bereik kan word. Daar is nog nie bevestig of Cliff Pike, die vlieënier, die ongeluk oorleef het nie. Lees meer hier.
Maroela Media het gister berig dat Pike se enkelsitplek-vliegtuig een van drie ligte vliegtuie was wat Woensdag na Port Elizabeth gevlieg het. Pike se vliegtuig het egter nooit in Port Elizabeth aangekom nie. Die drie vlieëniers het glo verskillende roetes gevlieg nadat daar digte mis opgesteek het. Pike, ʼn sakeman van Benoni, moes glo die naweek aan die Mosselbaai-lugskou deelgeneem het.
Tragies baie vliegongelukke in die laaste tyd !