Die medisynevervaardiger Glaxo Smith Kline het besluit om ʼn besending Grandpa-hoofpynpoeiers van die mark te onttrek, berig RSG.
Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat vervalste Grandpa-poeiers in die mark beskikbaar is. Die vervalste poeiers kan uitgeken word aan die besendingsnommers 309339 en 314020, en aan spelfoute aan die kant van die houer.
Glaxo Smith Kline het bekend gemaak dat hulle alle ware Grandpa-poeiers met dieselfde besendingsnommers van die mark gaan herroep om verbruikers te beskerm.