Miljoene mense wêreldwyd kon Donderdagmiddag nie hul 140-karakter stuiwer in die armbeurs gooi nie, weens ‘n tegniese probleem by die sosiale netwerk, Twitter.
Lees meerAlles vir Donderdag 26 Julie 2012
R100 miljoen-dwelmklopjag: Nóg verdagtes gevang
Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die R100-miljoen dwelmklopjag in die noorde van Johannesburg, het die polisie Donderdag gesê.
Boeremag: Du Toit skuldig aan hoogverraad
Mike du Toit, een van die verdagtes in die Boeremag-verhoor, is Donderdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof skuldig bevind aan hoogverraad.
“Niemand verantwoordelik vir Rheenendal-busongeluk”
Daar is glo nie voldoende bewyse om enigiemand in verband met die Rheenendal-busongeluk, waarin 15 mense in 2011 gesterf het, te vervolg nie.
Mark Boucher kan sig terugkry
Mark Boucher, ʼn voormalige paaltjiewagter van die Proteas, se dokters is vol vertroue dat hy sig in sy linkeroog sal terugkry.
Kinders van St Helena Baai word glo vergif
AfriForum gaan gevaarlike gasvrystellings van verskeie visfabrieke in St Helena Baai aanspreek ná ʼn desperate pleidooi deur die plaaslike gemeenskap.
Besluit vir Groenpunt-stadion
Kaapstadse stadsraad het ʼn voorstel goedgekeur om die Groenpunt-stadion te hersoneer vir ʼn kommersiële gebied.
Suster dreig om boetie te skiet
Gyselaar-onderhandelaars van die polisie het Woensdagmiddag verhoed dat ʼn 22-jarige suster haar 12-jarige boetie in Stilfontein, naby Klerksdorp, skiet.
Olimpiese Spele 2012: Vlaggie-fiasko
Noord-Korea se vroue-sokkerspan het Woensdagaand tydens die Olimpiese Spele van die veld af gestap nadat organiseerders per abuis hulle voorgestel het deur die vlag van Suid-Korea, hul aartsvyande, te vertoon.
Uit die perd se bek hoor
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking: Uit die perd se bek hoor
Chinese man vas met perlemoen ter waarde van R12 miljoen
Die polisie in die Wes-Kaap het Donderdag in Sunset Beach, Table View, beslag gelê op perlemoen ter waarde van R12 miljoen.
Pelgrimsrus sakelui wen hofsaak
Die hooggeregshof in Pretoria het pas ten gunste van Pelgrimsrus-sakelui beslis om te keer dat hulle uit hul persele gesit word.
Brandslagoffer word Vrydag begrawe
Die 12-jarige Michael van Vuuren, wat Dinsdagaand oorlede is ná hy erg gebrand het toe hy sy fiets wou red, word Vrydag begrawe.
Vermiste Boksburg-man se saak opgelos
Gerhard Breytenbach (43) van Boksburg wat vroeër vandeesmaand as vermis aangemeld is, is dood aangetref in Pretoria.
Vervalste Grandpa-poeiers ʼn kopseer
Die medisynevervaardiger Glaxo Smith Kline het besluit om ʼn besending Grandpa-hoofpynpoeiers van die mark te onttrek, berig RSG.
Man op Zuma-parool verkrag ouma voor kleinkinders
‘n Man wat op paroolwas as gevolg van president Jacob Zuma se tronkstraf-kwytskelding, het glo vroeër die week ʼn 94-jarige vrou voor haar kleinkinders verkrag. Hy is skaars ʼn maand terug vrygelaat.
“Beskerm koshuistradisies by Tuks”
AfriForum Jeug het Donderdag ’n aanlynpetisie vir die beskerming van die Koshuis van die Jaar-titel by die Universiteit van Pretoria (UP) geloods asook vir die beskerming en uitbou van gesonde koshuistradisies.
Nuuskommentaar: Eerstens Suid-Afrikaner, of eerstens Afrikaner? Die goudmyn van welwillendheid
Die eerste items van vanjaar Olimpiese Spele het reeds plaasgevind en die Suid-Afrikaanse vrouesokkerspan het reeds ‘n drag slae by Swede weg.
Pelgrimsrus glo te wit
Die hooggeregshof in Pretoria sal vandag uitspraak lewer rakende sakelui van Pelgrimsrus se aansoek om te keer dat hulle uit hul persele gesit word.
Gedenkdiens vir kunstenaar se vrou, dogter
Marie en Catherina (10) is Dinsdag in ʼn ongeluk op die R21 naby die Olifantsfontein-afrit dood nadat ʼn bakkie teen hul motor gebots het.