Nog ‘n foto en die video volg onderaan die berig.
Ryan Cordell van Kanada se vyf kinders wou baie graag weer ‘n babahondjie kry, en hul ouers het ingestem, mits hulle 1 miljoen ondersteuners op Facebook kon opspoor.
Die kinders het onlangs ‘n hond aan kanker verloor en hulle was desperaat om ‘n nuwe hondjie te kry. Die twee oudste susters het gesê hul ouers was egter “huiwerig”. Cordell het uiteindelik die kinders uitgedaag en gesê dat indien hulle 1 miljoen Facebook “likes” op ‘n foto kan kry, sal die gesin ‘n nuwe hondjie kry. Die kinders het ‘n foto geneem met ‘n plakkaat wat hul verknorsing verduidelik, en “Two Girls and a Puppy” is gebore.
Die foto is op Facebook publiseer en binne sewe ure is hul wens toegestaan. Die foto het gebruikers op sosiale media aangegryp en die foto is wyd en syd versprei. Die kinders het hul hondjie gekry.
Die foto het tans meer as 1.6 miljoen “likes”. Klik hier om die oorspronklike foto te sien.
Die video volg onderaan die foto.
http://youtu.be/8e10OL0hTds