Marissa Rudman en Nolan Schoeman is Dinsdag tronkstraf van onderskeidelik 10 en 13 jaar in die Noord-Gautengse hooggeregshof opgelê vir die moord op hul twee maandeoue baba seuntjie, Wade. Regter Cynthia Pretorius het bevind die twee het geen berou getoon vir die moord nie.
Wade is oor ‘n tydperk van twee weke erg mishandel en is in 2009 in ‘n Pretoriase hospitaal dood.
Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.