Linton Rensburg, woordvoerder van Working on Fire (WoF), sê nog 10 brandbestrydingspanne is ontbied. “Die spanne kom van regoor die land en teen more sal ons ʼn ekstra 395 brandbestryders hier hê.” Rensburg sê daar is aanvanklik 14 brandbestrydingspanne ontbied om die brande te blus. “Vyf ander spanne wat op gereedheidsgrondslag was, is Dinsdagoggend van die Oos-Kaap en die Vrystaat ingebring.” Rensburg sê die brande in die Cederberg, wat reeds vir ʼn week woed, is vroeg Dinsdagoggend onder beheer gebring terwyl die brand in die Franschoek-area steeds voortwoed. Die brande was gister buite beheer in onder meer Dutoitskloof, Klapmuts en Clanwilliam.
Die video wys hoe die brande gister in die Franschoek-area woed:
http://youtu.be/W1VyYLaFmW0