Alen Abrahams, ‘n karwag van die Kaapse Vlakte, het met sy interessante Afrikaanse lirieke van bekende liedjies bykans oornag ‘n superster geword.
Danksy die internet en veral plasings op YouTube, groei sy getal aanhangers daagliks.
Daar is selfs sprake dat Alen vanjaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees ‘n draai gaan maak.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.