
Nooddienspersoneel moes laasnag viertrekvoertuie gebruik om die Vergelegen Mediclinic te ontruim
Foto’s: @ellekunene, Twitter
Opruimwerk het vanoggend in Somerset-Wes en die Strand begin nadat die Lourensford-rivier sy walle laasnag oorstroom en groot skade veroorsaak het.
Ooggetuies het op Twitter berig dat viertrekvoertuie gebruik moes word om pasiënte uit die Vergelegen Mediclinic te ontruim nadat die water só gestyg het, dat die ambulanse glad nie gebruik kon word nie. Eye Witness News berig dat ’n ouetehuis in die Helderberggebied ook ontruim moes word
Die Nasionale Seereddingsinstituut en nooddienste is steeds voltyds besig om mense wat deur die vloede geraak word by te staan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Foto’s gesien waar die water tot byna knie-hoogte in die hospitaal is.
Reen nog steeds hier. Die natuur is werklik omgekrap, ons is beslis nie net meer n winter reenval streek nie.