ʼn Vragmotor het vroeg Sondagoggend op die M1-snelweg, suid van Johannesburg, omgeslaan, het die metropolisie gesê.
Hoof-superintendent Wayne Minnaar het gesê ʼn vragmotor wat sand vervoer het, het net ná 01:00 op die M1-suid naby die Nasrec-afrit in die stadige baan omgeslaan. “Die bestuurder is lig beseer en hy is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal vir verdere behandeling geneem.” Die linkerkantste baan is Sondagoggend steeds vir verkeer gesluit. Motoriste word aangeraai om versigtig te wees aangesien daar steeds sand op die pad is. Die oorsaak vir die ongeluk word ondersoek.