‘n Vrou is Donderdagoggend in hegtenis geneem na sy glo haar man in Mdantsane, in die Oos-Kaap, met ʼn mes doodgesteek het.
Volgens Kaptein Mluleki Mbi is die 43-jarige vrou omstreeks 08:00 in hegtenis geneem. “Die vrou was na bewering Dinsdagaand besig om groente te sny toe ʼn rusie tussen die paartjie uitgebreek het. Haar man het haar glo geslaan waarna sy hom een keer met die mes gesteek het.”
Die man (47) is na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy wonde beswyk het. Die vrou word vir moord aangekla.
– Sapa