Vrou in hof vir babas in vrieskas

Argieffoto

ʼn Vrou van KwaZulu-Natal verskyn Donderdag in die hof nadat twee babas onlangs in ʼn vrieskas in haar huis gevind is.

Die liggame van ʼn vier maandeoue en ʼn pasgebore baba is op 26 Januarie deur polisie in haar huis in KwaMashu opgespoor nadat hulle op ʼn wenk van die publiek reageer het. Die babalykies was tussen stukke hoendervleis.

Sy het na bewering ʼn onwettige begrafnisonderneming, Mabinda Funeral Services, bedryf. Sy is in hegtenis geneem en aangekla van die oortreding van die wet op menslike weefsel. Sy moet in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Estelle ·

Hoekom vertel daai sqeeza, Lulu nie vir die mense van Australia hiervan nie? Oh ja, dis nie ñ wit Afrikaner vrou nie.

Berita Drescher ·

Hierdie is nou vir jou darem n rou spesie ……..barbare!

Trudie ·

Sy gaan net se sy het nie geweet nie – maar sy het geweet, want hoekom het sy dit weg gesteek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.