Vrou sê moord op Amerikaner was “selfverdediging”

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat van die moord op Christopher Norman Bates, Amerikaanse konsulaatwerker in Johannesburg, beskuldig word, het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof in Palm Ridge gesê sy het hom uit selfverdediging vermoor, het The Star Donderdag berig.

Lorraine Mogapi het glo gesê Bates het “mal geword”. Die koerant berig twee getuies het egter Mogapi se bewerings weerspreek.

Bates (41) is op 13 Januarie met ʼn skerp voorwerp by sy Oxford Gardens-woonstelle in Illovo vermoor.

Volgens Mogapi, wat erken het dat sy ʼn prostituut is, is sy en Bates na sy huis. Hulle het begin stry toe hy glo geweier het om die R200 te betaal en gesê sy is dit nie werd nie. Bates het toe glo ʼn mes in die kombuis gaan haal en Mogapi het hom met pepersproei gespuit.

Sy kon glo uit die huis vlug, maar Bates het haar met ʼn bofbalkolf agternagesit. Sy het hom toe glo met ʼn mes gesteek.

Die koerant berig die twee getuies sê egter hulle het gesien hoe Bates voor Mogapi by die huis uit stap en toe gehoor hoe iemand val.

Die saak duur voort.

-SAPA

Lees ook:
Vrou in hof vir moord op Amerikaner

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

jayyyyyy, jippeeeeeeee, hoera, blameer weereens die witman. so good 2 be in the NSA. pateties verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.