Vrou sterf ná 9 jaar in koma

Argieffoto

ʼn 41-jarige vrou van Kimberley wat vir nege jaar lank in ʼn koma was, is Dinsdag in die St. Teresa’s Hospice in die dorp oorlede.

Boitumelo Brigitte Mashope is weens longinfeksie dood, het The Star Woensdag berig. Sy is in 2004 in die hospitaal opgeneem nadat haar voormalige verloofde, Alex “Lemmy” Mogoro, haar erg aangerand het. Hy het haar beskuldig dat sy ontrou was teenoor hom. Hy is gevolglik in 2010 tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Hy het teen die vonnis geappelleer maar dit was onsuksesvol. Sy laat ʼn seun agter.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.