Vrou vas na sy glo kind verwurg

ʼn Vrou is in hegtenis geneem ná sy glo haar suster se 2 jaar oue dogtertjie verwurg het.

Volgens konstabel Consolation Mokoale, ʼn woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, is die 19-jarige vrou Woensdag in hegtenis geneem ná die kind se naakte liggaam in ʼn oop veld in Botshabelo gekry is.

“Die vrou word van die moord verdink omdat sy op dié dag na die kind moes omsien. ʼn Groep plaaslike inwoners wou die vrou aanval maar is deur die polisie gekeer.”

Mokoale het gesê die vrou word van moord aangekla en moet Maandag in die Botshabelo-distrikshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.