ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die brand het ook versprei na ʼn kleinhoewe langs die veld. Hy sê daar was skrootmateriaal, motorparte en gassilinders op die eiendom. Banks sê van die gassilinders het glo ontplof en die brandbestryders beseer. Hy sê hoewel hulle net lig beseer is, is hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Dit is nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie.
Vyf brandbestryders in brand beseer
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.