Vyf uit sneeustorting gered

Argieffoto

Vyf bergklimmers is Maandag gered nadat nege van hul maats in ‘n sneeustorting gesterf het.

Die bergklimmers se tente is ook deur die storting meegesleur op die laaste deel van een van die wêreld se hoogste bergpieke in Nepal, het die polisie gesê. “Ons kon vyf red,” het Basanta Bahadur Kunwar, plaaslike polisiehoof, gesê. Hy was nog nie in staat om die nasionaliteit van die slagoffers bekend te maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.