Groot rotse val op die Kei-pas op die N2-snelweg in die Oos-Kaap weens swaar reënval, het Arrive Alive Dinsdagoggend gewaarsku.
Tshepo Machaya, ʼn woordvoerder van Arrive Alive, het motoriste versoek om uiters versigtig te bestuur op die pas tussen Butterworth en Oos-Londen. Hy het gesê groot rotse wat reeds op die pad geval het, vertraag verkeer in die omgewing.
“Ons is besig om reëlings te tref dat opruimingswerk kan begin sodat verkeer weer vrylik kan beweeg,” het hy gesê.