ʼn Brand in ʼn hospitaal in Bagdad, Irak, het tot die dood van 11 babas gelei. ʼn Woordvoerder vir die hospitaal het gesê die brand is vermoedelik deur ʼn bedradingsfout veroorsaak.
Ahmed al-Roudaini, woordvoerder van Irak se minister van gesondheid, het gesê die brand het Dinsdagnag laat in die kraamsaal van die Yarmouk-hospitaal in die weste van Bagdad ontstaan.
Owerhede in Bagdad het die gebied vinnig afgesper en media van die toneel af weggehou. Mada Press, ʼn onafhanklike nuusagentskap in Bagdad, het berig 29 vrouepasiënte en sewe babas moes na ʼn ander hospitaal verskuif word nadat die brand uitgebreek het.
Brande weens elektriese foute is algemeen in Bagdad aangesien bedrading dikwels swak is en nie in stand gehou word nie. Nog ʼn bydraende faktor is die feit dat daar nie altyd genoegsame nooduitgange in geboue is nie.
Wat de hel! Ek sal my baba die heeltyd by my hou van dag 1 af dan sou hy/sy oorleef het! Dit is verskriklik…
Ek sou DA gestem het. Dalk vaar hulle beter.