11 dood ná skietery in Duitsland

‘n Polisiebeampte staan naby aan een van die misdaadtonele in Hanau.(Foto:Boris Roessler/dpa via AP)

Minstens nege mense is dood en verskeie gewond ná twee skietvoorvalle Woensdag in die stad Hanau, sowat 25 km van Frankfurt in die weste van Duitsland. Twee kroeë is in die aanvalle geteiken.

Luidens inligting het ’n man omstreeks 22:00 op klante by die Midnight-kroeg in die middestad losgebrand. ’n Motor is daarna opgemerk wat vanaf dié kroeg na die Arena Bar & Café in die Kesselstadt-woonbuurt van Hanau beweeg het waar ’n skieter ook op die klante van dié kroeg losgebrand het.

’n Verdagte se liggaam is ná ’n grootskaalse soektog sowat sewe uur later in sy huis elders in die stad aangetref. Die liggaam van nóg ’n persoon is in die huis aangetref. “Een van die liggame is waarskynlik dié van die skuldige. Daar is tans geen aanduidings van nog verdagtes nie,” het die plaaslike polisie in ’n verklaring bevestig.

Luidens inligting is agt mense in die aanvalle dood waarna nog ’n slagoffer later aan sy beserings beswyk het. Minstens vyf mense is gewond in die voorvalle. Die slagoffers was oorwegend van Koerdiese afkoms.

‘n Polisiebeampte staan naby aan een van die misdaadtonele in Hanau.(Foto:Boris Roessler/dpa via AP)

Die aanval volg enkele dae ná ’n soortgelyke skietery in die Duitse stad Berlyn. Een persoon is in dié voorval naby ’n Turkse komedievertoning by die Tempodrom-konsertlokaal dood.

Vuurwapenwette in Duitsland is van die strengste ter wêreld en is die afgelope jare verder verskerp ná massaskieterye.

Die motief vir die jongste voorval is in dié stadium onduidelik.

Bronne: BBC, The Guardian, ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tino ·

Jis dis nou eerste wereld effektiwiteit. Niks se ge poppe skou en groot uit gerekte stories en hofsake en en en nie. Hulle word “dood” aangetref in ‘n woonstel. Wel gedaan, einde van die storie.

Leon ·

So sal die Moslem ekstremiste mense uitmoor . En hulle word openlik in Europa verwelkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.