18-jarige aangekla ná moltrein-ontploffing

ʼn Forensiese beampte van die polisie loop langs die trein waar die voorval by die Parsons Green-stasie in die weste van Londen plaasgevind het (15 September 2017). Foto: AP Photo/Frank Augstein/File

’n 18-jarige man is Vrydag aangekla in verband met die terreuraanval in ’n Londense moltrein verlede week.

Minstens 30 mense is beseer nadat ’n tuisgemaakte toestel Vrydagoggend gedurende spitstyd in ʼn volgepakte ondergrondse trein afgegaan, maar glo nie ten volle ontplof het nie. Foto’s van die toneel het ʼn wit plastiekemmer met elektriese drade gewys wat in ʼn supermark-sakkie op die vloer van die trein gestaan het.

Die voorval het omstreeks 08:20 in die Parsons Green-stasie in die weste van Londen plaasgevind. Die militante groep Islamitiese Staat het verantwoordelikheid aanvaar.

Ahmed Hassan (18) is Saterdag by die hawegebied van Dover in verband met die voorval in hegtenis geneem. Dis die gebied waar passasierveerbote na Frankryk vaar.

Hassan sou na verwagting Vrydag in die Westminster-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en dat hy ’n ontploffing veroorsaak het.

Drie ander mans wat ook in hegtenis geneem is in verband met die voorval is steeds in aanhouding, maar nog nie aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vrugte ·

So word die vrugte gepluk van ‘n beleid aangaande buitelanders wat met ope arms welkom is, ongeag.

Cherokee ·

Orkaan verlede Saterdagmiddag by Durban se hawe en omgewing. Heelwat skade soos met dakke, vraghouers ens. Isis wag en as niemand ander verantwoordelikheid aanvaar sal hulle lieg en sodoende daarmee spog.

Naam loos ·

Een van die dae kry hy ook n straat naam En word hy aangestel as n minister.om Britaniee Se geld koffers leeg te steel ?

Pietsepan ·

Dit is moeilik om ‘n regverdige beleid oor immigrante te handhaaf. Wat egter gedoen moet word is om al die skuldiges se familie en vriende te deporteer. Die vraag is waarheen? Wanneer jy bossies uit ‘n tuin trek moet jy seker maak dat die wortels kom saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.