2 dood, 3 beseer in skoolskietery

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Leerder aan ’n hoërskool in Rusland het Donderdag met ’n jaggeweer op medestudente losgebrand voordat hy die vuurwapen op homself gerig het. Een leerder is gedurende die voorval doodgeskiet en drie ander gewond.

Volgens Rusland se staatsondersoekkomitee het die leerder (19) die vuurwapen na ʼn skool in Blagoveshchensk, naby die grens met China, gebring waar die voorval plaasgevind het. Die skieter het homself kort ná die polisie se aankoms op die toneel om die lewe gebring.

Die skool is intussen ontruim en alle klasse is opgeskort.

Een van die beseerde leerders se toestand is tans kritiek. Die ander twee word in ʼn plaaslike hospitaal behandel.

Dit is nie duidelik wat tot die skietery aanleiding gegee het nie. Hoewel skietvoorvalle in Russiese skole skaars is, was daar wel oor die afgelope paar jaar verskeie gewelddadige aanvalle deur studente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos Nel ·

….oral op die planeet is n tekort aan vader-figure….maar dis hoe die Nuwe Wêreld Orde dit verkies.

legens ·

sien !!!
verwyder vuurwapens uit die hande van die burgery .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.